Isaiah 65:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dat hy wat homself op die aarde seën, homself sal seën in die God van waarheid; en hy wat op die aarde sweer, sal sweer by die God van waarheid; omdat die vorige benoudhede vergeet is, en omdat hulle vir my oë verborge is.
Afrikaans (NLV) 2011 Almal wat iemand wil seën of wil sweer, sal dit doen in die Naam van die God van waarheid. Die probleme van voorheen sal vergete wees. Ek laat dit verdwyn.”
Afrikaans 1933/1953 sodat hy wat homself seën in die land, hom sal seën by die God van waarheid; en hy wat sweer in die land, sal sweer by die God van waarheid, omdat die vorige benoudhede vergeet is en verborge vir my oë.
Afrikaans 1983 Elkeen in die land wat om voorspoed bid, sal dit doen in die Naam van die God wat getrou is, en elkeen in die land wat 'n eed aflê, sal dit doen in die Naam van die God wat getrou is. Die swaarkry van vroeër sal vergeet wees, Ek laat dit verdwyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie vir homself seën afsmeek in die land, sal vir hom seën afsmeek van die ware God. En wie in die land 'n eed aflê, sal dit aflê by die ware God; want die benoudhede van vroeër is vergete, ja, vir my oë is dit verborge.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elkeen in die land wat bid dat dit met hom goed moet gaan, elkeen wat iets belowe, sal my Naam noem, want Ek is die God wat doen wat Ek belowe. Dit sal nie weer so sleg gaan met hulle nie, Ek dink nie meer aan die dinge wat voorheen gebeur het nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elkeen in die land wat vir voorspoed bid, sal dit doen in die Naam van die God wat getrou bly. Elkeen wat ’n eed aflê, sal dit doen in die Naam van die God op wie ’n mens kan staatmaak. Die probleme wat daar vroeër was, sal iets van die verlede wees. Dit sal vergeet word.