Isaiah 65:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle moet julle naam vir my uitverkorenes as 'n vloek laat, want die HERE HERE sal jou doodmaak en sy dienaars met 'n ander naam noem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dié wat Ek uitverkies het, sal julle naam gebruik om mense mee te vervloek. Die oppermagtige Here sal julle vernietig, maar aan sy dienaars gee Hy ’n nuwe naam. |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle sal jul naam vir my uitverkorenes as 'n woord van verwensing laat agterbly, en die Here HERE sal jou ombring. Maar sy knegte sal Hy noem met 'n ander naam, |
| Afrikaans 1983 | Dié wat Ek uitverkies het, sal julle naam gebruik om mense mee te vervloek. Die Here my God sal júlle ombring, maar aan dié wat Hom dien, gee Hy 'n nuwe toekoms. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle sal julle naam agterlaat om deur my uitverkorenes in verwensings gebruik te word. Die Heer, die Here, sal jou doodmaak; maar aan sy diensknegte sal Hy 'n ander naam gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek, die Here, sal julle doodmaak, maar Ek sal vir my dienaars 'n nuwe naam gee. Die mense wat Ek gekies het om Myne te wees, sal julle name gebruik as hulle mense wil vervloek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle name sal vloekwoorde word vir hulle wat aan My behoort. Die Here sal julle uitroei. Hy sal nuwe name gee vir dié wat aan Hom getrou gebly het. |