Isaiah 65:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, my diensknegte sal sing van blydskap van hart, maar julle sal roep van droefheid van hart, en sal huil van kwelling van gees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My dienaars sal sing met vreugde in die hart. Maar julle sal uitroep van droefheid, julle sal ween oor julle leed. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, my knegte sal jubel, omdat hulle hart vrolik is, maar julle sal skreeu van pyn in die hart en huil deur die verbreking van gees. |
| Afrikaans 1983 | My dienaars sal jubel omdat dit met hulle goed gaan, maar julle sal skreeu van pyn, julle sal huil van hartseer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, my diensknegte sal jubel met blye harte, maar julle sal om hulp roep met bedroefde harte; met 'n gebroke gees sal julle huil. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My dienaars sal juig, want hulle sal gelukkig wees, maar júlle sal skree en vra dat iemand julle moet help, julle sal huil, want julle sal ongelukkig wees en baie pyn hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal van blydskap sing, terwyl julle van hartseer kreun. |