Isaiah 65:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar julle is hulle wat die HERE verlaat, wat my heilige berg vergeet, wat vir daardie bende 'n tafel berei en die drankoffer vir daardie getal aanbied. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar die res van julle het die Here versaak en my heilige berg vergeet. Julle het die geluksgod en die god van die noodlot aanbid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar julle wat die HERE verlaat, wat my heilige berg vergeet, wat 'n tafel dek vir die geluksgod en die mengsel inskink vir die godin van die noodlot -- |
| Afrikaans 1983 | Maar julle wat van die Here afvallig geword het, julle wat my heilige berg vergeet het, julle wat vir die afgod Gad offermaaltye hou, wyn inskink vir die afgod Meni, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar julle wat die Here verlaat het, wat my heilige berg vergeet het, wat 'n tafel dek vir Ghad, wat 'n kruik gemengde wyn skink vir “Meni” – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [11-12] “Maar julle wat weggegaan het van die Here, julle wat my gewyde berg vergeet het, Ek sal julle straf, want julle het offers gebring vir die afgode Gad en Meni, Ek het julle geroep, maar julle het nie geantwoord nie. Ek het gepraat, maar julle het nie geluister nie. Julle het gedoen wat verkeerd is, julle het gekies om dinge te doen waarvan Ek nie hou nie. Julle sal moet sterf. Julle sal moet kniel sodat mense julle kan doodmaak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar party van julle het mos van die Here af weggegaan. Julle het die Here se tempel uit julle gedagtes weggeskuif. Julle aanbid eerder die geluksgod en die noodlotsgod. |