Isaiah 65:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek word gesoek van die wat nie na My gevra het nie; Ek het my laat vind by die wat My nie gesoek het nie; Ek het gesê: Kyk, kyk, my is vir 'n nasie oor wie my Naam nie uitgeroep is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek openbaar My aan hulle wat nie my raad gevra het nie. Ek laat My vind deur mense wat My nie gesoek het nie. Vir ’n nasie wat nie na My geroep het nie, het Ek gesê: ‘Hier is Ek!’
Afrikaans 1933/1953 Ek het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; aan 'n nasie wat na my Naam nie genoem is nie, het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!
Afrikaans 1983 Ek het my wil geopenbaar aan 'n volk wat nie na My gevra het nie. Ek het My laat vind deur mense wat My nie in die gebed gesoek het nie. Vir 'n nasie wat My nie aangeroep het nie, het Ek gesê: Hier is Ek! Hier is Ek!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek het My laat raadpleeg deur hulle wat nie na My gevra het nie; Ek het My laat vind deur hulle wat My nie gesoek het nie. Ek het gesê, ‘Hier is Ek! Hier is Ek!’ vir 'n nasie wat nie na my Naam genoem is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Ek wou mense help, mense wat My nie gevra het nie, Ek het mense na My toe gebring, mense wat My nie gesoek het nie. Hulle was mense wat My nie aanbid het nie, maar Ek het vir hulle gesê: ‘Hier is Ek, hier is Ek.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek was bereid om die gebede te verhoor van mense wat nog nie eens tot My gebid het nie. Ek was reg dat hulle My in die hande kon kry as hulle maar net na My wou soek. Ek sou vir ’n volk sê wat nie eens tot My wil bid nie: Hier is Ek!