Isaiah 64:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Moenie baie pynlik wees nie, HERE, en dink nie vir ewig aan die ongeregtigheid nie; kyk, kyk, ons bid U, ons is almal u volk.
Afrikaans (NLV) 2011 Here, moet tog nie kwaad wees vir ons nie. Moenie ons sondes vir altyd teen ons hou nie. Ons bid tot U: Sien ons tog raak. Ons almal is tog u volk!
Afrikaans 1933/1953 HERE, wees nie uitermate toornig nie, en dink nie vir ewig aan die ongeregtigheid nie; aanskou dit tog dat ons almal u volk is.
Afrikaans 1983 Moet tog nie aanhou kwaad wees vir ons nie, Here, moenie ons sonde vir altyd teen ons hou nie, onthou tog ons is almal u volk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moenie mateloos toornig wees nie, Here; moenie vir altyd ons sondeskuld onthou nie! Ja, sien tog in: Ons almal is u volk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, U moenie aanhou om vir ons kwaad te wees nie, U moenie altyd aan ons sondes dink nie. Kyk asseblief na ons, onthou ons almal is u mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moet tog nie so verskriklik kwaad bly vir ons nie, Here. Hou tog op om ons sonde vir altyd teen ons te hou. Hou tog in gedagte dat ons almal aan u volk behoort.