Isaiah 64:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar is niemand wat u Naam aanroep, wat hom opgewek om U aan te gryp nie, want U het u aangesig vir ons verberg en ons verteer weens ons ongeregtighede.
Afrikaans (NLV) 2011 Niemand roep na U om hulp nie, niemand soek sy sterkte in U nie. U het u gesig vir ons verberg, U laat ons vergaan onder die las van ons sondes.
Afrikaans 1933/1953 En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.
Afrikaans 1983 Daar is niemand wat tot U om hulp roep nie, niemand wat sy krag in U soek nie. U het ons aan onsself oorgelaat, U laat ons wegkwyn deur ons sondes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar is niemand wat u Naam aanroep of homself wakker skud om aan U vas te hou nie; want U het u gesig vir ons verberg, ons oorgelewer aan die greep van ons sondeskuld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand het U aanbid nie, niemand het probeer om vas te hou aan U nie. Daarom het U weggekyk van ons, U het ons laat wegsmelt omdat ons sonde gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nie een van ons het tot U gebid of U gevra om ons te help nie. U het daarom van ons padgegee en ons aan ons eie oortredings oorgelaat.