Isaiah 64:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ons is almal soos 'n onrein ding, en al ons geregtigheid soos vuil lappe; en ons almal vervaag soos 'n blaar; en ons ongeregtighede het ons weggeneem soos die wind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Voor U het ons almal geword soos iemand wat onrein is. Ons beste dade is soos vuil klere, soos verskrompelde blare. Deur ons sondes waai die wind ons weg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ons het almal geword soos 'n onreine, en al ons geregtighede soos 'n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind. |
| Afrikaans 1983 | Ons het almal geword soos mense wat onrein is, ons beste dade is soos vuil klere; ons is almal soos verdroogde blare, ons word deur ons sondes weggewaai soos deur 'n wind. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons almal het geword soos iets wat onrein is, soos 'n besoedelde kledingstuk is al ons geregtighede. Ons almal het verwelk soos blare, en soos die wind het ons sondeskuld ons weggedra. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons almal het soos onrein mense geword, alles wat ons reg probeer doen, is nog soos vuil klere. Ons almal is soos blare wat droog is en verlep het en ons sondes is soos 'n wind wat ons wegwaai. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons het almal geword soos ’n ding wat niemand meer wil hê nie. Alles wat ons gedink het reg is, is maar soos vuil klere. Ons almal is soos blare wat van die boom afval en saam met die wind weggewaai word. |