Isaiah 64:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U ontmoet hom wat bly is en geregtigheid doen, die wat aan u dink in u weë; kyk, u is toornig; want ons het gesondig; daarin is volharding, en ons sal gered word.
Afrikaans (NLV) 2011 U help mense wat met blydskap doen wat U beveel, wat u weë onthou. Maar ons het aangehou om verkeerd te doen. U was kwaad vir ons. Hoe kan ons ooit gered word?
Afrikaans 1933/1953 U kom hom tegemoet wat met vreugde geregtigheid beoefen, hulle wat aan U dink op u weë. Kyk, U was toornig, en ons het gesondig; in die toestand was ons baie lank, en -- sal ons verlos word?
Afrikaans 1983 U kom dié te hulp wat met blydskap doen wat reg is, dié wat onthou hoe U wil hê hulle moet lewe. U was kwaad vir ons, want ons het gesondig. Ons het so lank daarmee aangehou, hoe kan ons dan nog gered word?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U kom elkeen tegemoet wat met vreugde doen wat reg is, wat op u paaie aan U bly dink. Kyk, U was toornig, en ons het gesondig. Ons het lank in sonde verkeer – sal ons verlos word?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U help graag die mense wat doen wat reg is, en wat bly is daaroor, die mense wat onthou hoe U wil hê hulle moet lewe. Maar U het kwaad geword toe ons sonde gedoen het. Sal U ons weer red?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U wil graag te doen kry met hulle wat met vreugde reg leef en in gedagte hou hoe U wil hê dat hulle moet leef. Maar U is kwaad vir ons, want ons het sonde gedoen. Ons doen dit nog van altyd af. Kan ons nog ooit gered word?