Isaiah 64:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want van die begin van die wêreld af het die mense nie gehoor of deur die oor gewaar en ook nie die oog gesien nie, o God, buiten U, wat Hy berei het vir hom wat op Hom wag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vandat die wêreld gemaak is, het geen oor gehoor of oog ’n God gesien soos U, wat doen wat U doen vir dié wat op U vertrou nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het 'n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U. |
| Afrikaans 1983 | Van ouds af het niemand so iets gehoor nie, het niemand so iets verneem nie, het geen oog 'n god gesien wat vir dié wat op hom vertrou, doen wat U doen nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van die vroegste tye af het niemand dit gehoor nie, daarvan verneem nie, het geen oog 'n god gesien nie, buiten U, wat optree vir dié wat op Hom wag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons het nooit voorheen van so iets gehoor nie, niemand het 'n ander god gesien wat hierdie dinge doen vir die mense wat in hom glo nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Niemand het nog ooit van ’n god gehoor of een gesien wat soos U dinge laat gebeur vir hulle wat op Hom vertrou nie. |