Isaiah 64:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe jy verskriklike dinge gedoen het waarna ons nie uitgesien het nie, het jy neergedaal, die berge het voor jou aangesig afgestroom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe U lank gelede afgekom het, het U ontsagwekkende dinge gedoen, wat ons nie verwag het nie, en die berge het voor U gebewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | wanneer U vreeslike dinge doen waar ons nie op gehoop het nie -- as U maar wou neerdaal, sodat die berge wankel voor u aangesig! |
| Afrikaans 1983 | Toe U wonders gedoen het, wonders wat ons nie verwag het nie, toe U destyds afgekom het, het die berge voor U geskud. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe U ontsagwekkende dade gedoen het wat ons nie verwag het nie, het U afgedaal; vanweë u teenwoordigheid het die berge gebewe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Lank gelede het U wonderwerke gedoen, ons het nie gedink U sal dit doen nie. U het afgekom, en die berge het gebewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U sal vreeslike dinge doen wat ons nie verwag het nie. U sal afkom en die berge sal skud. |