Isaiah 64:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos wanneer die smeltende vuur brand, laat die vuur die water kook, om u Naam aan u teëstanders bekend te maak, sodat die nasies voor u aangesig kan bewe! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kom soos ’n vuur wat hout laat brand en water laat kook, kom tog en maak Uself bekend aan u vyande. Dan sal die nasies voor U bewe! |
| Afrikaans 1933/1953 | -- soos vuur die houtjies aan die brand steek, vuur die water laat opborrel -- om u Naam aan u teëstanders bekend te maak, sodat nasies voor u aangesig kan bewe |
| Afrikaans 1983 | Kom af soos 'n vuur wat fynhoutjies laat brand, soos 'n vuur wat water laat kook. Laat u Naam só aan u vyande bekend word, laat die nasies só voor U bewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos vuur struikgewas laat opvlam, soos water deur vuur tot kookpunt kom, so sal die nasies bewe vanweë u teenwoordigheid, wanneer U u Naam bekend maak aan u teenstanders. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet kom soos 'n vuur wat hout aan die brand steek, 'n vuur wat water laat kook. Dan sal u vyande u Naam ken en die volke sal voor U bewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | soos wanneer vuur hout aan die brand steek en dit die water laat kook. U vyande sal dan van U kennis neem. Die volke sal van bangheid vir U bewe. |