Isaiah 64:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sal U Uself hieroor onthou, o HERE? wil U swyg en ons baie swaar verdruk? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Raak die dinge U dan nie, Here? Gaan U doodstil bly? Sal U aanhou om ons te laat ly, ons te kasty bo ons vermoëns? |
| Afrikaans 1933/1953 | HERE, sal U by hierdie dinge U bedwing? Sal U swyg en ons uitermate verdruk? |
| Afrikaans 1983 | Raak hierdie dinge U dan nie, Here? Gaan U nie ingryp nie? Gaan U aanhou om ons te laat ly? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sal U oor hierdie gebeure U bedwing, Here? Sal U bly swyg, ons mateloos verneder? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U sien hierdie dinge, wil U niks doen om ons te help nie? Wil U altyd net stilbly en ons laat swaarkry? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gaan U hierdie dinge dan maar net so los, Here? Gaan U maar net stilbly en toelaat dat ons so vreeslik swaarkry? |