Isaiah 64:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ons heilige en ons pragtige huis waar ons vaders U geprys het, is met vuur verbrand, en al ons lieflike dinge is verwoes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons heilige en glorieryke tempel waar ons voorouers U aanbid het, is afgebrand. Alles wat vir ons kosbaar was, is vernietig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ons heilige en heerlike huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand, en al wat vir ons dierbaar was, het 'n puinhoop geword. |
| Afrikaans 1983 | Ons heilige en pragtige tempel waar ons voorouers U geloof het, is deur vuur verwoes, alles wat vir ons dierbaar was, lê in puin. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons heilige en pragtige •tempel, waar ons voorouers U geloof het, het 'n prooi van vuur geword – alles wat vir ons kosbaar is, het 'n puinhoop geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons gewyde, pragtige tempel het verbrand, die plek waar ons voorvaders U geprys het. Al ons mooi huise het hope klippe geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U pragtige tempel waar ons ouers U kom vereer het, is nou afgebrand. Alles wat vir ons waardevol was, is nou daarmee heen. |