Isaiah 63:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In al hulle benoudheid was Hy verdruk, en die engel van sy aangesig het hulle verlos; in sy liefde en in sy medelye het Hy hulle verlos; en hy het hulle gedra en hulle gedra al die dae van ouds.
Afrikaans (NLV) 2011 In al hulle nood het Hy saam met hulle gely. Hy was die engel wat hulle toe gered het. In sy liefde en genade het Hy hulle gered. Hy het hulle opgetel en gedra soos in die ou dae.
Afrikaans 1933/1953 In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur sy liefde en deur sy medelyde het Hy hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd.
Afrikaans 1983 uit al hulle nood. Hy was vir hulle nie 'n vyand nie, Hy self was die engel wat hulle gered het. Hy het hulle verlos deur sy liefde en ontferming; Hy het hulle opgetel en hulle altyd gedra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In al hulle nood was ook Hy in die nood. Die Engel van sy teenwoordigheid het hulle verlos. In sy liefde en medelye was dit Hy wat hulle vrygekoop het. Hy het hulle opgetel en hulle gedra, al die jare, van lank gelede af.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) elke maal wanneer dit sleg gegaan het met hulle. Hy was nie hulle vyand nie, Hy was 'n Engel, en Hy self het hulle gered. Hy het hulle vrygemaak omdat Hy lief was vir hulle en jammer was vir hulle. Hy het hulle opgetel en gedra, elke dag, lank gelede.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) uit hulle nood. Hy self het hulle verlos. Omdat Hy vir hulle lief was en hulle jammer gekry het, het Hy hulle gered. Hy het hulle nog altyd opgetel en hulle gedra.