Isaiah 63:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het gekyk, en daar was niemand om te help nie; en ek het gewonder dat daar niemand was om te ondersteun nie; daarom het my eie arm vir my verlossing gebring; en my grimmigheid, dit het my ondersteun. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het gekyk, maar daar was niemand om my volk te help nie. Ek was ontsteld omdat daar niemand was wat kom help het nie. Daarom het Ek alleen wraak geneem, sonder enige hulp het Ek die oordeel uitgespreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek het uitgekyk, maar daar was geen helper nie; en Ek het My verbaas, maar daar was niemand wat ondersteun nie. Toe het my arm My gehelp en my grimmigheid het My ondersteun. |
| Afrikaans 1983 | Ek het rondgekyk, maar daar was niemand om te help nie, Ek was ontsteld toe niemand My bystaan nie. Ek het self opgetree, my woede het My bygestaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het rondgekyk, maar daar was geen helper nie. Ek was verslae – daar was niemand wat ondersteuning bied nie. My voorarm het My tot hulp gekom, my woede, dit het My ondersteun. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gekyk en Ek was verbaas, daar was niemand om My te help nie. Toe het Ek dit self gedoen. Ek was kwaad en Ek het dit self gedoen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het gekyk, maar niemand gesien wat My kon help nie. Ek was verbaas dat daar niemand was om My te ondersteun nie. My woede het die oorhand gekry en Ek het dit met my eie krag gedoen. |