Isaiah 63:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het alleen die parskuip getrap; en van die volk was daar niemand by My nie, want Ek sal hulle vertrap in my toorn en hulle vertrap in my grimmigheid; en hulle bloed sal op my klere gesprinkel word, en Ek sal al my klere bevlek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek het alleen die wynpers getrap. Daar was niemand van die volke wat My gehelp het nie. In my woede het Ek my vyande vernietig. In my wraak het Ek hulle vertrap. Hulle bloed het op my klere gespat, en so my klere rooi gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het die pers alleen getrap, en van die volke was niemand by My nie; en Ek het hulle getrap in my toorn en hulle vertrap in my grimmigheid, sodat hulle lewensap op my klere gespat en Ek my hele gewaad bevlek het. |
| Afrikaans 1983 | Ek alleen het die wynpers getrap, niemand van die volke het My bygestaan nie. Ek het op hulle getrap in my toorn, Ek was woedend en Ek het hulle getrap. Hulle bloed het op my klere gespat, en Ek het my klere daarmee rooi gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Die kuip het Ek alleen getrap; van al die volke was daar niemand by My nie. In my toorn het Ek hulle aanhou trap, hulle fyngetrap in my woede. Hulle lewensbloed het op my klere gespat; my hele uitrusting het Ek besoedel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gesê: “Ek het alleen druiwe getrap in die parskuip, daar was niemand saam met My nie. Ek was kwaad en Ek het die volke getrap, Ek het hulle plat getrap, en hulle bloed het op my klere gespat. My klere het vol bloed geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het die nasies in die parskuip gaan trap soos druiwe. Ek was alleen. Niemand het My gehelp nie. Ek het hulle in my woede uitgetrap soos druiwekorrels. Ek was kwaad en Ek het hulle stukkend getrap. Hulle bloed het op my klere gespat. Dit het my klere vuil gemaak. |