Isaiah 63:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ons is joune; jy het nooit oor hulle geheers nie; hulle is nie by u naam uitgeroep nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons het geword soos mense oor wie U nog nooit regeer het nie. Hoekom tree U op asof ons nog nooit bekend was as u volk nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Ons het geword soos hulle oor wie U nie van ouds af geheers het nie, oor wie u Naam nie uitgeroep is nie. |
| Afrikaans 1983 | Ons het geword soos dié oor wie U nie van ouds af geregeer het nie, oor wie u Naam nie uitgeroep is nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons het van lank gelede af al geword soos hulle oor wie U nie regeer het nie, oor wie u Naam nie uitgeroep is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons het geword soos mense oor wie U nooit regeer het nie, soos mense wat nie aan U behoort nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons het geword soos mense wat nooit aan U behoort het nie, soos mense van wie daar nooit gesê is dat hulle u volk is nie. |