Isaiah 63:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O HERE, waarom het U ons van u weë laat dwaal en ons hart verhard van u vrees? Keer terug ter wille van u dienaars, die stamme van u erfdeel.
Afrikaans (NLV) 2011 Here, hoekom het U toegelaat dat ons afdraai van u paaie? Hoekom het U ons hardkoppig gemaak sodat ons U nie gedien het nie? Keer tog terug want ons is u dienaars, u spesiale besitting.
Afrikaans 1933/1953 HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!
Afrikaans 1983 Waarom het U ons laat afdwaal van u paaie af, Here? Waarom het U ons hardkoppig gemaak sodat ons U nie gedien het nie? Wees tog weer soos vroeër ter wille van u dienaars, ter wille van die volk wat aan U behoort.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Waarom het U, Here, ons van u paaie laat afdwaal, ons harte verhard, sodat ons nie meer vir U ontsag gehad het nie? Kom terug ter wille van u diensknegte, die stamme van u erfdeel!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, hoekom laat U ons weggaan van u pad? Hoekom maak U ons hardkoppig sodat ons U nie dien nie? Kom terug na ons toe, na u dienaars, die stamme wat aan U behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, waarom het U toegelaat dat ons vreemdelinge vir U geword het? Waarom het U ons so ongevoelig laat word dat ons nie meer respek vir U het nie? Help ons dat ons weer vir U kan lewe en weer aan U kan behoort.