Isaiah 63:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U is ongetwyfeld ons vader, al weet Abraham ons nie, en Israel ken ons nie; U, HERE, is ons vader, ons verlosser; u naam is van ewigheid af.
Afrikaans (NLV) 2011 U is mos nog ons Vader! Selfs as Abraham en Israel ons nie wil erken nie, bly U steeds ons Vader, Here. U is van altyd af ons Redder.
Afrikaans 1933/1953 Want U is ons Vader! Want Abraham weet van ons nie, en Israel ken ons nie. U, o HERE, is ons Vader; ons Verlosser is van ouds af u Naam.
Afrikaans 1983 U is tog ons vader. Abraham weet niks van ons nie en Israel is nie van ons bewus nie; U, Here, is ons vader, van ouds af is u Naam: Ons Verlosser.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U is immers ons Vader. Ja, Abraham, hy ken ons nie, en Israel, hy erken ons nie; U, Here, is ons Vader. Ons Losser van altyd af, is u Naam!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, U is ons Vader. Abraham of Jakob is nie ons vader nie. Hulle weet nie van ons nie. Here, U is ons Vader, U is nog altyd ons Bevryder, dit is u Naam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U is tog ons Vader. Abraham het nie van ons geweet nie. Israel kon ons nie geken het nie. Maar U, Here, is ons pa. U Naam was nog altyd “ons Bevryder”.