Isaiah 63:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk neer uit die hemel, en aanskou uit die woning van u heiligheid en van u heerlikheid: waar is u ywer en u krag, die geluid van u ingewande en van u barmhartighede teenoor my? is hulle vasgehou?
Afrikaans (NLV) 2011 Kyk af uit die hemel en sien ons tog raak van waar U sit, op u heilige en verhewe troon. Waar is u ywer van voorheen, u magtige dade? U weerhou u ontferming en genade van ons.
Afrikaans 1933/1953 Kyk van die hemel neer en aanskou uit u heilige en heerlike woning! Waar is u ywer en u magtige dade? Die ontroering van u binneste en u barmhartighede het hulle jeens my ingehou.
Afrikaans 1983 Kyk uit die hemel uit af, sien ons tog raak uit u heilige en verhewe woning. Waar is u brandende liefde, u magtige dade? Is U nie meer oor ons bewoë nie? Ontferm U U nie meer oor ons nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk uit die hemel, uit u vorstelike, heilige en roemryke woning, en sien! Waar is u ywer en u magtige dade? U innerlike ontroering, u ontferming word van my teruggehou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here in die hemel, kyk na ons uit u gewyde en pragtige woonplek. Is U nie meer lief vir ons nie? Is U nie meer sterk nie? Is U nie meer bekommerd oor ons nie? Is U nie meer jammer vir ons nie?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kyk tog ’n bietjie op ons af van daar bo van u hoë woonplek af. Sien ons raak. Wat het geword van die verterende liefde wat U vir ons gehad het en die groot dade waarmee U ons gered het? Moet tog nie u liefde en u meegevoel van ons af weghou nie.