Isaiah 63:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos 'n dier in die dal afdaal, het die Gees van die HERE hom laat rus; so het jy jou volk gelei om vir jou 'n heerlike naam te maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos ’n trop beeste wat afstap na die vallei, so het die Gees van die Here sy volk rusplek gegee, so het U u volk gelei om die roem van u Naam te vermeerder.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos vee wat aftrek in die laagte, het die Gees van die HERE hulle na die rus gelei. So het U u volk gelei, om vir U 'n heerlike Naam te maak. |
| Afrikaans 1983 | Soos 'n trop beeste na 'n groen vallei toe afgaan, so het die Gees van die Here sy volk na 'n woonplek toe gebring, so het U u volk gelei om die roem van u Naam te vermeerder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos wanneer beeste in 'n vallei afdaal, het die Gees van die Here aan Israel rus gegee. So het U u volk gelei om vir U 'n roemryke Naam te maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Gees van die Here het ons tot by ons woonplek gebring. Hy het ons gelei soos beeste wat ondertoe loop in 'n vallei. Die mense sal dit altyd onthou. Maar waar is die Here nou? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here se Gees het hulle na veiligheid gelei soos vee wat na ’n weiveld in ’n laagte gebring word. So het U, Here, u volk gelei sodat u wonderlike Naam vir altyd onthou kan word. |