Isaiah 63:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) wat hulle deur die diepte gelei het, soos 'n perd in die woestyn, sodat hulle nie sou struikel nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Waar is die Een wat sy volk deur die diep waters gelei het? Soos ’n perd in ’n woestyn het hulle nie gestruikel nie!
Afrikaans 1933/1953 Wat hulle deur die watervloede laat trek het soos 'n perd deur die woestyn, sonder om te struikel?
Afrikaans 1983 Waar is Hy wat sy volk deur die diep waters gelei het sonder dat iemand struikel, hulle gelei het soos perde deur 'n woestyn gelei word?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy wat hulle deur die watermassa laat trek het, soos 'n perd deur 'n woestyn – sonder om te struikel?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het sy volk deur die diep see laat loop. Nie een se voet het vasgesit nie, hulle het geloop soos 'n perd op droë grond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het hulle reg deur die bedding van die see gelei soos perde wat oor die vlaktes hardloop sonder om te struikel.