Isaiah 63:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hy gedink aan die dae van ouds, Moses en sy volk, en gesê: Waar is Hy wat hulle saam met die herder van sy kudde uit die see laat optrek het? waar is hy wat sy heilige Gees in hom geplaas het? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het sy volk onthou van die tyd van Moses. Hulle het uitgeroep: “Waar is die Een wat Israel deur die see gelei het met Moses as hulle herder? Waar is die Een wat sy Gees van heiligheid gestuur het om tussen sy volk te wees? |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar is Hy wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van sy kudde? Waar is Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het? |
| Afrikaans 1983 | Toe het sy volk gedink aan die ou dae, aan die tyd van Moses, en gevra: Waar is Hy wat sy kudde dwarsdeur die see gebring het saam met hulle herder? Waar is Hy wat sy Heilige Gees onder hulle gegee het? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het hulle gedink aan die jare van lank gelede, aan Moses en sy volk: “Waar is Hy wat hulle uit die see laat opkom het, saam met die herders van sy kleinvee? Waar is Hy wat in hulle midde sy Heilige Gees geplaas het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het gedink aan lank gelede, aan Moses en sy volk. Die Here het sy volk deur die see gebring saam met Moses, die leier van sy volk. Die Here het sy Heilige Gees saam met hulle laat gaan, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het sy volk teruggedink aan die dae lank terug in die tyd van Moses. Hulle het gevra: “Wat het geword van die Here wat sy volk saam met hulle leier deur die see laat trek het? Wat het van Hom geword wat sy Gees in hulle harte laat kom woon het?” |