Isaiah 63:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie is dit wat uit Edom kom, met geverfde klere uit Bosra? dit wat heerlik is in sy kleed, reis in die grootheid van sy sterkte? Ek wat in geregtigheid spreek, magtig om te red.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie is dit wat kom uit Edom, uit Bosra, met bloedrooi klere aan? Wie kom met die pragtige klere aan terwyl Hy met groot krag voortmarsjeer? “Dit is Ek, die Here, wat sê dat Ek julle red. Ek is sterk genoeg om te red!”
Afrikaans 1933/1953 Wie is dit wat daar aankom uit Edom, met bloedrooi klere uit Bosra? Hy daar, pragtig in sy gewaad, wat agteroor buig in die volheid van sy krag? Dit is Ek wat in geregtigheid spreek, wat magtig is om te verlos.
Afrikaans 1983 Wie is dit wat daar aankom uit Edom, wat daar uit Bosra kom met bloedrooi klere aan? Wie is so indrukwekkend met daardie rooi klere aan, so vol krag? Dit is Ek, die Here, Ek wat oorwinning aankondig, wat magtig is om te red.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie is dit wat daar uit Edom kom, met helderrooi klere uit Bosra, Hy wat 'n glansryke bokleed dra, wat keldermeester is in die volheid van sy krag? “Ek is die Een wat in geregtigheid spreek – magtig om te verlos.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wie is hierdie persoon wat uit die land Edom kom, uit die stad Bosra? Wie se klere is so vol rooi kolle? Wie is dit wat die klere van 'n koning dra en wat hier aankom en lyk of hy baie sterk is? Die Here het gesê: “Dit is Ek wat kom sê Ek het die oorlog gewen en Ek sal my mense red.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie is dit wat daar van Edom af aankom? Wie is dit wat van Bosra af kom met sulke helder rooi klere? Wie is dit wat so flink aangestap kom met daardie klere? Dit is Ek, die Here. Ek kom vir julle sê dat Ek julle gaan red. Ek het die krag om julle vry te maak.