Isaiah 62:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het wagte op jou mure aangestel, o Jerusalem, wat dag en nag nooit sal swyg nie; julle wat die HERE noem, moenie stilbly nie, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het wagte op jou mure gesit, Jerusalem. Hulle sal dag en nag bid. Julle wat die Here herinner aan sy beloftes, moenie rus nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | o Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie. o Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes -- moenie rus nie |
| Afrikaans 1983 | Ek het wagte op jou mure uitgesit, Jerusalem, hulle sal dag en nag roep. Julle wat die Here aan sy beloftes moet herinner, julle moenie stilbly nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op jou stadsmure, Jerusalem, het ek wagte uitgesit. Dwarsdeur die dag en nag sal hulle nie 'n oomblik lank swyg nie. Julle wat die Here herinner aan sy beloftes, gun julleself geen rus nie! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jerusalem, Ek het wagte op jou mure gesit, en hulle moet nooit stilbly nie, elke dag en nag.” Julle wat sê die Here is julle God, julle moenie stilbly nie, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het wagte op Jerusalem se mure uitgesit. Hulle moet dag en nag op die uitkyk wees. Hulle moet die Here sonder ophou aan sy beloftes herinner. Hulle mag nooit ophou nie. |