Isaiah 62:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die heidene sal u geregtigheid sien en al die konings u heerlikheid, en u sal 'n nuwe naam genoem word wat die mond van die HERE sal noem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die nasies sal jou redding sien, en die konings sal jou eer aanskou. Jy sal ’n nuwe naam kry wat die Here self vir jou gekies het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die nasies sal jou geregtigheid sien en al die konings jou heerlikheid; en jy sal met 'n nuwe naam genoem word wat die mond van die HERE sal noem. |
| Afrikaans 1983 | Die nasies sal sien dat jy gered is, Jerusalem, al die konings sal sien dat jy mag het. Jy sal 'n nuwe naam kry, 'n naam wat die Here self vir jou gekies het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nasies sal jou geregtigheid sien, en al die konings jou roem. Aan jou sal 'n nuwe naam gegee word; die mond van die Here self sal dit bepaal. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die volke en hulle konings sal sien jy is soos Ek wil hê jy moet wees en jy is 'n sterk stad. Hulle sal vir jou 'n nuwe naam gee, die Here het self daardie naam gekies.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volke sal sien hoe jy gered word. Die konings sal staan en kyk hoe Jerusalem vrykom. Die Here sal vir jou ’n nuwe naam gee wat Hy self gekies het. |