Isaiah 62:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal hulle noem: Die heilige volk, die verlostes van die HERE; en jy sal genoem word: Gesoekte, 'n nie verlate stad nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal genoem word: “Die heilige volk, die volk wat deur die Here gered is.” Jerusalem, jy sal genoem word: “Die begeerlike stad, die stad wat nie meer verlate is nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal genoem word: die heilige volk, die verlostes van die HERE; en jy sal genoem word: die begeerde, die stad wat nie verlaat is nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sal genoem word: “Gewyde volk, volk wat deur die Here verlos is.” En jy, Jerusalem, sal genoem word: “Gewilde stad, stad wat nie verlate lê nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal genoem word Heilige Volk, Losgekooptes van die Here. ” En jy, Jerusalem, sal genoem word Gesogte, Stad wat nie Verlate is nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die volk se naam sal wees: “ Gewyde Volk,” die Here het hierdie volk vrygemaak, en Jerusalem se naam sal wees: “Stad waarvan mense hou,” dit is die stad waar mense wil woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal die Here se volk genoem word. Hulle is die mense wat die Here vrygemaak het. Jerusalem sal genoem word die geliefde stad. Dit is die stad wat nie aan homself oorgelaat is nie.” |