Isaiah 62:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, die HERE het tot aan die einde van die wêreld verkondig: Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou heil kom; kyk, sy loon is by hom, en sy werk voor hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here maak ’n aankondiging oor die hele aarde: “Sê vir Sion: Jou Redder kom! Kyk, sy beloning is by Hom.”
Afrikaans 1933/1953 Kyk, die HERE laat dit hoor tot by die einde van die aarde: Sê aan die dogter van Sion: Kyk, jou heil kom; kyk, sy loon is by Hom en sy beloning is voor sy aangesig.
Afrikaans 1983 Die Here kondig dwarsoor die wêreld aan: “Sê vir Sion: Hy wat jou red, kom! Sy volk wat Hy Syne gemaak het, is by Hom, dié wat aan Hom behoort, loop voor Hom uit.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, die Here laat dit hoor tot by die einde van die aarde: “Sê vir die dogter van Sion, ‘Kyk, jou verlossing kom! Kyk, sy vergoeding is by Hom, sy beloning is voor Hom. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here praat nou met al die mense op die aarde. Hy sê hulle moet vir Sion sê: “Kyk, jou Redder kom, en Hy bring sy volk saam met Hom, hulle is die mense wat aan Hom behoort.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here stuur ’n boodskap uit oor die hele wêreld: “Sê vir die inwoners van Sion: Die Een wat jou verlos, is op pad na jou toe. Hy bring sy beloning saam met Hom. Hy laat hulle wat Hy loskoop, saam met Hom kom.