Isaiah 62:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gaan deur, gaan deur die poorte; berei die weg van die volk; gooi op, gooi die grootpad op; haal die klippe uit; lig 'n standaard vir die mense op.
Afrikaans (NLV) 2011 Gaan uit, gaan uit deur die poorte, maak die grootpad gereed vir my volk wat terugkom! Maak die pad reg! Bou dit op! Bou die grootpad! Rol weg die klippe! Steek ’n vaandel in die lug sodat al die volke dit kan sien!
Afrikaans 1933/1953 Gaan in, gaan in deur die poorte, berei die weg van die volk! Vul op, vul op die grootpad, gooi die klippe weg, steek 'n banier op oor die volke!
Afrikaans 1983 Gaan uit, gaan uit by die poorte, maak die pad gereed vir die volk! Vul die grootpad op, vul dit op! Vat weg die klippe! Steek 'n banier op dat die volke dit kan sien!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gaan deur, gaan deur die poorte, maak die pad vir die volk gereed. Vul op, vul die grootpad op! Vul dit op! Verwyder die klippe! Hou 'n banier omhoog vir die volke.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet kom, julle moet deur die poorte kom, julle moet 'n pad maak vir die volk. Julle moet die pad bou en die klippe uit die pad gooi, julle moet 'n vlag opsteek sodat die volke dit kan sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan uit by die hek. Gaan deur die poort van die stad uit buitetoe. Gaan maak die pad reg vir die volk wat terugkom. Maak die pad weer oop. Vat die klippe uit die pad uit. Sit ’n teken op wat die volke kan sien.