Isaiah 62:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ter wille van Sion sal ek nie swyg nie, en ter wille van Jerusalem nie rus nie, totdat sy geregtigheid uitgaan soos glans en sy heil soos 'n lamp wat brand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omdat ek Sion liefhet en na Jerusalem verlang, kan ek nie stilbly nie. Ek sal nie ophou om vir die stad te bid nie totdat daar vir haar geregtigheid kom soos ’n nuwe dag, en haar redding soos ’n fakkel brand. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ter wille van Sion sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil wees nie, totdat sy geregtigheid uitbreek soos 'n glans en sy heil soos 'n fakkel wat brand. |
| Afrikaans 1983 | Ter wille van Sion sal ek nie swyg nie, ter wille van Jerusalem sal ek nie stilbly nie totdat daar vir hom redding deurgebreek het soos 'n nuwe dag, soos die lig van 'n brandende fakkel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ter wille van Sion sal ek nie swyg nie, ter wille van Jerusalem nie rus nie, totdat haar geregtigheid deurbreek soos 'n helder lig, haar verlossing brand soos 'n fakkel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jerusalem, omdat Ek lief is vir jou, sal Ek nie stilbly nie. Ek sal aanhou totdat jy is wat Ek wil hê jy moet wees, totdat Ek jou gered het. Dit sal soos helder lig wees vir jou, soos 'n fakkel wat brand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir Sion se onthalwe sal ek bly roep. Ek sal ter wille van Jerusalem nie ophou roep voordat die stad bevry is nie. Ek sal aanhou roep totdat sy redding brand soos die lig van ’n fakkel. |