Isaiah 61:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle nageslag sal bekend word onder die heidene, en hulle nageslag onder die volke; almal wat hulle sien, sal hulle erken dat hulle die nageslag is wat die HERE geseën het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle afstammelinge sal bekend wees onder die volke, en hulle nakomelinge onder die nasies. Almal wat hulle sien, sal besef dat hulle ’n volk is wat die Here geseën het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle nageslag sal bekend word onder die nasies en hulle nakomelinge onder die volke; almal wat hulle sien, sal hulle daarvoor aansien dat hulle 'n geslag is wat die HERE geseënhet. |
| Afrikaans 1983 | Hulle afstammelinge sal bekend wees onder die nasies, hulle nakomelinge onder die volke. Almal wat na my volk kyk, sal besef dat hulle 'n volk is wat deur die Here geseën is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle nageslag sal bekend wees onder die nasies, hulle nakomelinge onder die volke. Almal wat hulle sien, sal hulle herken – dat hulle die geslag is wat deur die Here geseën is. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die ander volke sal die nageslag van my volk ken. Almal wat die mense van hierdie geslag sien, sal weet die Here seën hulle.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle nageslag sal bekend word onder die nasies. Die volke sal hulle ken. Almal wat sien hoe dit met hulle gaan, sal raaksien dat hulle ’n volk is vir wie die Here voorspoedig maak. |