Isaiah 61:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar julle moet die priesters van die HERE genoem word; die mense sal julle dienaars van onse God noem; die rykdom van die heidene sal julle eet, en in hulle heerlikheid moet julle roem.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sal genoem word: die priesters van die Here, die bedienaars van ons God. Julle sal die skatte van die nasies geniet, en spog met hulle rykdom.
Afrikaans 1933/1953 Maar julle sal priesters van die HERE genoem word; aan julle sal gesê word: Dienaars van onse God! Julle sal die rykdom van die nasies eet en op hulle heerlikheid julle beroem.
Afrikaans 1983 Julle sal genoem word: Priesters van die Here, Dienaars van ons God. Julle sal van die rykdom van die nasies geniet, die trotse eienaars word van hulle besittings.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar julle, priesters van die Here sal julle genoem word. As dienaars van ons God sal daar na julle verwys word. Die rykdom van nasies sal julle geniet, en met hulle luister sal julle spog.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle self sal priesters van die Here wees, mense wat vir ons God werk. Die duur en mooi dinge van die volke sal aan julle behoort, en julle sal dit geniet en lekker eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle sal die Here se werkers genoem word. Mense sal van julle praat as God se dienaars. Julle sal die geld van die nasies kan gebruik om van te lewe. Julle sal dit alles besit.