Isaiah 61:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En vreemdelinge sal staan en julle kleinvee oppas, en die seuns van die vreemdeling sal julle ploegwerkers en julle wynboere wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Buitelanders sal julle kleinvee laat wei, vreemdelinge sal julle landerye en julle wingerde bewerk.
Afrikaans 1933/1953 Die vreemdelinge sal staan en julle kleinvee oppas, en uitlanders sal julle landbouers en wynboere wees.
Afrikaans 1983 Uitlanders sal in julle diens wees en julle kleinvee oppas, vreemdes sal in julle lande en julle wingerde werk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vreemdes sal in julle diens wees en julle kleinvee laat wei, buitelanders sal julle plaaswerkers en julle wynbouers wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense uit ander lande sal vir julle werk. Hulle sal julle skape en bokke oppas en in julle lande en wingerde werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Buitelanders sal vir julle werk. Hulle sal julle skape oppas en op julle landerye en in julle wingerde vir julle werk.