Isaiah 61:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal die ou puinhope bou, die vorige puinhope oprig, en hulle sal die verwoeste stede herstel, die puinhope van baie geslagte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal die verlate stede herbou, en die plekke weer opbou wat lank gelede verwoes is. Hulle sal die verwoeste stede herstel, plekke wat vir geslagte lank verlate gelê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal die ou puinhope bou, die verwoeste plekke uit vroeër dae weer oprig en die verwoeste stede weer nuut maak wat woes was van geslag tot geslag. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sal die eeue-oue puinhope opbou, plekke herbou wat lankal verlate lê, hulle sal verwoeste stede weer opbou, plekke wat geslagte lank verlate lê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal die oeroue puinhope herbou, die verwoeste plekke van vroeër weer oprig, dorpe wat in puin lê, wat geslagte lank verwoes is, sal hulle nuut maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle sal die stede weer bou, die stede wat nou net hope klippe is, die plekke wat lank gelede verwoes is en wat baie jare lank so stukkend gelê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal geboue herstel wat lank verwoes gelê het. Plekke wat vroeër afgebreek was, sal hulle weer opbou. Hulle sal dorpe wat geslagte lank verwoes gelê het, nuut maak. |