Isaiah 61:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Om die treurendes in Sion aan te stel, om aan hulle skoonheid vir as te gee, vreugde-olie vir rou, 'n kleed van lof vir die gees van swaarmoedigheid; sodat hulle genoem kan word bome van geregtigheid, die plant van die HERE, sodat Hy verheerlik kan word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | die dag wanneer Hy vir dié wat in Sion treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer. Die Here het hulle geplant soos sterk en groot eike om sy roem te vermeerder. |
| Afrikaans 1933/1953 | om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, 'n gewaad van lof vir 'n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, 'n planting van die HERE, tot sy verheerliking. |
| Afrikaans 1983 | die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer. Hulle sal genoem word: Bome van Redding. Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | om te voorsien vir hulle wat oor Sion rou, om vir hulle •tulbande te gee in plaas van stof, vreugde-olie in plaas van rou, klere vir lofprysing in plaas van 'n verslae gees. Hulle sal genoem word: terebinte van geregtigheid, geplant deur die Here om Hom te verheerlik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal alles verander vir die mense van Sion wat nou treur. Daar is nou as op julle koppe, maar julle sal blomme op julle koppe hê. Julle treur nou, maar julle sal bly wees en julle sal olyf-olie aan julle smeer. Julle voel nou baie hartseer, maar julle sal sing en fees-klere aantrek. Ander mense sal sê julle, die mense van Sion, is bome wat regtig is soos die Here wil hê hulle moet wees. Die Here het hulle geplant om Hom te eer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir hulle wat in Sion sit en treur, gee Hy feesklere in ruil vir begrafnisklere. Hulle sal ophou treur en baie bly word. Hulle moedeloosheid sal plek maak vir vrolikheid. Hulle sal wees soos regop bome wat die Here geplant het om te wys hoe groot Hy is. |