Isaiah 61:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | om die aangename jaar van die HERE uit te roep en die dag van wraak van onse God; om almal wat treur te troos; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | om die genadejaar van die Here aan te kondig, die dag van afrekening vir ons God. Maar almal wat treur, troos Hy, |
| Afrikaans 1933/1953 | om uit te roep 'n jaar van die welbehae van die HERE en 'n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos; |
| Afrikaans 1983 | om aan te kondig dat die tyd gekom het waarop die Here genade betoon, die dag waarop ons God sy vyande straf maar almal wat treur, vertroos, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | om die genadejaar van die Here aan te kondig, ons God se dag van wraak, om almal wat rou, te troos, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek moet vir almal sê dit is nou die tyd wanneer die Here goed sal wees vir ons. Ons God sal sy vyande straf maar Hy sal dit goed laat gaan met almal wat nou huil en treur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy stuur my om hulle wat sit en huil te troos. Hy laat my aankondig dat die tyd gekom het dat die Here sy volk gaan bevry en sy vyande gaan straf. |