Isaiah 61:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want soos die aarde sy kieme voortbring en soos die tuin wat daarin gesaai is, laat uitspruit; so sal die HERE HERE geregtigheid en lof laat uitspruit voor al die nasies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos die grond die plante laat uitspruit en die vrugtebome in ’n tuin vrugte lewer, so sal die oppermagtige Here sy reg vir al die nasies toon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want soos die aarde sy plante voortbring, en soos 'n tuin sy gewasse laat uitspruit, so sal die Here HERE geregtigheid en lof laat uitspruit voor die oog van al die nasies. |
| Afrikaans 1983 | Soos die grond plante laat uitspruit, soos die plante in 'n tuin vrugte gee, so gee die Here my God die oorwinning en laat Hy al die nasies luister na die loflied tot sy eer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, soos die grond sy plante voortbring en 'n tuin sy saailinge laat uitspruit, so sal my Heer, die Here geregtigheid en lof laat uitspruit voor al die nasies. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar kom nuwe bome uit die aarde, daar groei nuwe plante in 'n tuin, so sal die Here alles laat groei wat reg is. Ja, Hy sal al hierdie dinge doen. Al die volke sal hoor hoe prys sy mense Hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die aarde laat plante opskiet. In ’n tuin kom daar plantjies uit. My Heer, die Here, sal net so ook sy bevryding vir my laat kom. Hy sal dan voor al die nasies grootgemaak kan word. |