Isaiah 61:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal baie bly wees in die HERE, my siel sal juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van verlossing, Hy het my bedek met die kleed van geregtigheid, soos 'n bruidegom hom versier met versierings, en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek verheug my in die Here! Ek is bly in my God! Want Hy het vir my klere van redding aangetrek, en vir my die mantel van regverdigheid omgehang. Ek is soos ’n bruidegom met sy sierkroon, soos ’n bruid verfraai met haar juwele.
Afrikaans 1933/1953 Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel -- soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.
Afrikaans 1983 Ek is baie bly oor die Here, ek juig oor my God, want Hy het my gered, vir my oorwinnaarsklere aangetrek. Ek is soos 'n bruidegom met 'n priesterkroon op, soos 'n bruid met haar juwele aan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek verheug my grootliks in die Here; my hele wese juig oor my God. Want Hy het vir my klere van verlossing aangetrek, 'n mantel van geregtigheid het Hy my omgehang, asof ek 'n bruidegom is, soos 'n priester met 'n tulband, soos 'n bruid met haar versierings.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het my baie bly gemaak, my God het my laat juig. Hy het my gered en gesê ek mag weer aan Hom behoort. Hy het vir my fees-klere aangetrek, ek is soos 'n bruidegom wat 'n kroon dra soos 'n priester, ek is soos 'n bruid wat haar juwele aansit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is baie bly oor wat die Here gedoen het. Ek is vol vreugde omdat Hy my gered het. Hy het my soos ’n bruidegom met ’n kroon op sy kop gemaak. Ek is soos ’n bruid wat met juwele versier is.