Isaiah 60:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarlik, die eilande sal eers op My wag, en die skepe van Tarsis, om jou seuns van ver af te bring, hulle silwer en hulle goud saam met hulle, na die Naam van die HERE jou God en na die Heilige van Israel, want Hy het het u verheerlik.
Afrikaans (NLV) 2011 Die eilande sien op na My, die skepe van Tarsis is heel voor om jou kinders van ver af te bring, saam met hulle skatte, tot eer van die Here jou God, die Heilige van Israel, want Hy het jou laat skitter met sy glans.
Afrikaans 1933/1953 Ja, op My wag die eilande, en die skepe van Tarsis kom vooraan, om jou seuns van ver te bring. Hul silwer en hul goud is by hulle, vir die Naam van die HERE jou God en vir die Heilige van Israel, omdat Hy jou heerlik gemaak het.
Afrikaans 1983 Dit is die skepe van die eilande wat na My toe op pad is; heel voor is die skepe van Tarsis af. Hulle bring jou seuns van ver af, en ook silwer en goud, tot eer van die Here jou God, die Heilige van Israel, omdat Hy jou roem wil vermeerder.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, op My wag die eilande; die skepe van Tarsis vaar aan die voorpunt om jou kinders van ver af te bring. Hulle silwer en goud is by hulle, ter ere van die Naam van die Here, jou God, ter ere van die Heilige van Israel, omdat Hy jou verheerlik het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jerusalem, dit is jou seuns wat van ver kom, hulle kom van die ver lande langs die see. Hulle kom met skepe, en hulle bring goud en silwer saam. Hulle kom om jou God die Here te eer, die Heilige God van Israel, en Hy sal vir jou ook eer gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is die skepe van die ander lande wat jou kinders weer huis toe bring. Vooraan is die skepe van Tarsis. Hulle is gelaai met goud en silwer om die Here jou God, die groot God, te vereer. Hy wil sy volk in ere herstel.