Isaiah 60:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die kleinvee van Kedar sal by jou versamel word, die ramme van Nebajot sal jou dien; hulle sal met welbehae op my altaar opkom, en Ek sal die huis van my heerlikheid verheerlik. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die kleinvee van Kedar word vir jou gegee. Die ramme van Nebajot is tot jou beskikking. Hulle sal aanvaarbaar wees vir offers op my altare. Ek sal my heerlike tempel nog verder verheerlik. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die kleinvee van Kedar sal vir jou versamel word, die ramme van Neb jot sal jou dien; hulle kom as welgevallige offer op my altaar, en Ek sal my heerlike huis heerlik maak. |
| Afrikaans 1983 | Al die kleinvee van Kedar word vir jou bymekaargemaak, die ramme van Nebajot is tot jou beskikking; hulle is aanneemlike offers op my altaar. So vermeerder Ek die roem van die huis waar Ek geëer word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die kleinvee van Kedar word vir jou bymekaar gemaak; die ramme van Nebajot is tot jou beskikking. Hulle sal as aanvaarbare offers na my altaar opgaan. My roemryke huis sal Ek verheerlik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Al die skape en bokke van die land Kedar sal joune word, die ramme van die land Nebajot sal aan jou behoort. Ek wil graag hê dat jy hulle op my altaar moet offer, en Ek sal trots wees op my pragtige tempel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy kan die kleinvee van Kedar en die bokramme van Nebajot gebruik soos jy wil. Jy kan hulle enige tyd op die altaar vir die Here kom offer. Hulle is ’n aanwins vir sy tempel. |