Isaiah 60:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal jy sien en saamvloei, en jou hart sal vrees en verruim word; omdat die oorvloed van die see na jou sal verander, sal die magte van die heidene na jou toe kom.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy sal dit sien, jou oë sal blink, en jou hart sal bons van vreugde, want handelaars van oor die hele wêreld bring hulle skatte na jou, die rykdom van baie lande.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal jy dit sien en straal van vreugde, en jou hart sal ontroer en verruim word; want die rykdom van die see gaan na jou toe oor, die skatte van die nasies kom na jou toe aan.
Afrikaans 1983 Jy sal dit sien en van vreugde straal, jy sal bewe van blydskap, want die rykdom van die see word joune, die skatte van die nasies kom in jou besit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan sal jy dit sien en jy sal straal; jou hart sal vinniger klop, ruim word. Want die see se oorvloed sal by jou uitgestort word; die nasies se rykdom sal na jou toe kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer jy dit sien, dan sal jy baie bly wees. Jou hart sal vinnig klop en jy sal bly word, want al die duur en mooi dinge van die volke sal joune word. Dit sal na jou toe kom oor die see.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer jy sien wat gebeur, gaan jy van blydskap straal. Jou hart sal opgewonde begin klop. Die seehandelaars sal met jou begin besigheid doen. Die rykdom van die wêreld sal na jou toe begin vloei.