Isaiah 60:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Kleintjie sal 'n duisend word en 'n kleintjie 'n sterk nasie; Ek, die HERE, sal dit verhaas op sy tyd.
Afrikaans (NLV) 2011 Die kleinste onder hulle sal duisende word, die swakste ’n sterk nasie. Ek is die Here. Wanneer die tyd daarvoor kom, sal Ek dit doen.”
Afrikaans 1933/1953 Die kleinste sal 'n geslag word en die geringste 'n magtige nasie. Ek, die HERE, sal dit op die regte tyd gou laat kom.
Afrikaans 1983 Die kleinste onder hulle sal duisende word, die swakste 'n sterk nasie. Wanneer die tyd daarvoor kom, doen Ek dit. Ek is die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die kleinste sal 'n stam word, en die geringste 'n magtige nasie. Ek, die Here, sal dit op die regte tyd vinnig laat gebeur.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Paar mense sal wees soos 1 000 mense, die swakste mense sal wees soos 'n sterk volk. Ek sal dit gou laat gebeur wanneer Ek so besluit, Ek is die Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die kleinste groepie sal duisende sterk word. Dié wat die minste was, sal ’n groot volk word. Op die regte tyd sal Ek dit alles laat gebeur.