Isaiah 60:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jou volk sal almal regverdig wees: hulle sal die land vir ewig beërwe, die loot van my plant, die werk van my hande, dat Ek verheerlik kan word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al jou inwoners sal regverdig wees. En hulle sal die land vir altyd besit, want Ek sal hulle met my eie hande plant, om my roem te vermeerder. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jou volk sal almal regverdiges wees, vir ewig sal hulle die land besit -- as lote deur My geplant, 'n werk van my hande, tot my verheerliking. |
| Afrikaans 1983 | Al jou inwoners sal regverdiges wees, hulle sal die land vir altyd besit. Hulle is die loot wat Ek self daar geplant het, die werk van my hande om my roem te vermeerder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jou volk is almal regverdiges; vir altyd sal hulle die land besit, hulle, die werk van my hande, die loot wat Ek geplant het om My te verheerlik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jou mense sal almal doen wat die Here wil hê, en die land sal altyd aan hulle behoort. Hulle sal wees soos 'n loot wat die Here geplant het, 'n loot wat Hy self geplant het om Hom te eer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal van jou volk sal doen wat reg is. Die land sal vir altyd aan hulle behoort. Hulle sal die plante wees wat Ek self daar geplant het. Ek het hulle met my hande gemaak sodat hulle eer aan My kan gee. |