Isaiah 60:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jou son sal nie meer ondergaan nie; en jou maan sal nie onttrek nie, want die HERE sal jou ewige lig wees, en die dae van jou rou sal verby wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou son sal nooit weer ondergaan, of die maan afneem nie. Want die Here sal jou lig wees vir altyd. Jou dae van hartseer het op ’n einde gekom.
Afrikaans 1933/1953 Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want die HERE sal vir jou wees 'n ewige lig, en die dae van jou treurigheid is verby.
Afrikaans 1983 Jou son en jou maan is die Here, Hy gaan nie onder nie en word nie dof nie. Die Here sal vir jou 'n ewige lig wees, jou dae van smart is verby.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jou son sal nie weer ondergaan nie, en jou maan sal nie verdof nie; want die Here sal vir jou 'n ewige lig wees, en jou routyd sal verby wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jou son sal nie ondergaan nie, jou maan sal nie kleiner word nie, want die Here sal altyd die lig wees vir jou. Die tyd is verby toe jy moes huil en treur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jou dae van hartseer is verby. Jou son sal nooit ondergaan nie. Jou maan sal nooit donker word nie. Die Here self sal vir altyd jou lig wees.