Isaiah 60:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar die HERE sal oor jou opstaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Duisternis kom oor die aarde, donkerte oor al die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy teenwoordigheid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jou sal die HERE opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word. |
| Afrikaans 1983 | Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, kyk, donkerte bedek die aarde, en diepe duisternis die volke; maar oor jou skyn die Here, en oor jou word sy heerlikheid sigbaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, kyk, dit is donker oor die aarde, oor al die volke. Maar die Here gee vir jóú lig, sy lig kom na jou toe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is donker in die wêreld. Daar is duisternis onder die volke. By jou laat die Here dit egter lig wees. Hy is by jou. Hy maak lig vir jou dat jy ook ’n lig kan wees. |