Isaiah 60:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die son sal bedags nie meer jou lig wees nie; ook om glans sal die maan jou nie verlig nie, maar die HERE sal vir jou 'n ewige lig wees en jou God jou heerlikheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Bedags sal dit nie die son wees wat vir jou lig verskaf nie, en snags sal jy nie die maan nodig hê vir lig nie, want die Here sal vir altyd jou lig wees, en jy sal roem in jou God.
Afrikaans 1933/1953 Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar die HERE sal vir jou wees 'n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees.
Afrikaans 1983 Bedags sal dit nie die son wees wat vir jou lig gee nie, snags sal dit nie die maan wees wat oor jou skyn nie: die Here sal vir jou 'n ewige lig wees, en jy sal roem in jou God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir jou sal die son nie meer daar wees as 'n lig bedags nie, en die maan sal nie as 'n helder lig vir jou skyn nie. Die Here sal as 'n ewige lig daar wees, en jou God as jou roem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die dag sal die son nie meer vir jou lig gee nie en die maan sal nie meer op jou skyn nie. Maar die Here sal altyd jou lig wees, jou God sal vir jou eer gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jou lig sal gedurende die dag nie meer van die son af kom nie. Jy sal nie meer afhanklik wees van die maan wat in die nag skyn nie. Die Here self sal vir altyd jou lig wees. Jou God sal oor jou skyn.