Isaiah 60:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar sal nie meer gehoor word van geweld in jou land nie, verwoesting of verwoesting in jou grondgebied; maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Geweld sal verdwyn uit jou land, ja, ondergang en verwoesting van binne jou grense. Redding sal om jou wees soos stadsmure, en almal wat die stad binnekom, sal My loof. |
| Afrikaans 1933/1953 | Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie -- van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie; maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof. |
| Afrikaans 1983 | Daar sal nie meer gehoor word van geweld in jou land nie, of van ondergang en verwoesting binne jou grense nie. Jy sal jou mure noem: Redding, jou poorte: Lof. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar sal nie langer iets oor geweld in jou land gehoor word nie, of oor verwoesting en vernietiging binne jou grense nie. Jy sal jou mure Verlossing noem, en jou poorte Lof. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Niemand sal weer kan sê dat iemand slegte dinge doen aan die mense in jou land nie en niemand sal jou huise verwoes en afbreek nie. Jy sal sê jou mure se naam is ‘Die Here red,’ en jou poorte se naam is ‘Prys die Here.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar sal nie weer van geweld in jou land gehoor word nie. Verwoesting en vernietiging sal nie meer in jou gebied voorkom nie. Die mure om jou stad sal jou beskerm. Jy sal met vreugde by jou poorte kan in- en uitgaan. |