Isaiah 60:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vir koper sal Ek goud bring, en vir yster sal Ek silwer bring, en vir hout koper en vir klippe yster; Ek sal ook vir jou dienaars vrede maak en aan jou amptenare geregtigheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek ruil jou brons vir goud, jou yster vir silwer, jou hout vir brons en jou klippe vir yster. Vrede en regverdigheid sal jou heersers wees! |
| Afrikaans 1933/1953 | Vir koper bring Ek goud en vir yster bring Ek silwer, en vir hout koper en vir klippe yster; en Ek sal Vrede as jou owerheid aanstel en Geregtigheid as jou bestuurders. |
| Afrikaans 1983 | Ek gee vir jou goud in die plek van brons, silwer in die plek van yster, brons in die plek van hout, yster in die plek van klip. Ek laat vrede oor jou regeer, Ek laat geregtigheid jou bestuur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In plaas van koper bring Ek goud, en in plaas van yster bring Ek silwer, in plaas van hout, koper, en in plaas van klippe, yster. Ek stel vrede aan as jou toesighouer, geregtigheid as jou regeerder. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jerusalem, jy het nou brons, maar Ek bring vir jou goud, jy het yster, maar Ek bring silwer, jy het hout, maar Ek bring brons, jy het klip, maar Ek bring yster. Ek sal vir jou vrede gee, jou mense sal reg doen aan mekaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal sorg dat jy goud kry pleks van koper. In die plek van yster sal Ek jou silwer laat kry. Koper sal in die plek van hout kom en yster in die plek van klip. Ek sal vrede oor jou laat regeer. Geregtigheid sal jou leier wees. |