Isaiah 60:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy moet ook die melk van die heidene suig en die bors van konings suig, en jy sal weet dat Ek, die HERE, jou Verlosser is en jou Verlosser, die Magtige van Jakob. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy sal die melk van nasies drink, aan ’n koninklike bors drink. Dan sal jy weet dat Ek, die Here, jou Redder en Verlosser, die Magtige van Jakob is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy sal die melk van nasies suig en die bors van konings suig en sal weet dat Ek, die HERE, jou Heiland is, en jou Losser die Magtige van Jakob. |
| Afrikaans 1983 | Jy sal deur nasies en konings versorg word soos 'n kind wat aan sy moeder se bors gevoed word. Dan sal jy besef dat Ek die Here is, jou Redder, dat die magtige God van Jakob jou Verlosser is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy sal die nasies se melk drink, aan koninklike borste sal jy drink. Dan sal jy besef dat Ek die Here is wat jou verlos, jou losser, die Magtige van Jakob. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Volke en hulle konings sal jou oppas soos 'n ma haar kind oppas, en jy sal weet Ek is die Here wat jou red, die Sterk God van Jakob is jou Bevryder. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nasies sal vir jou gee wat jy nodig het. Konings sal jou soos ’n ma versorg. Jy sal dan besef dat dit Ek, die Here, is wat jou verlos het. Die magtige God van Jakob het jou vrygemaak. |